# Atletiek: Nege-en-veertig Suid-Afrikaners gaan deelneem aan die wêreldkampioenskap wat Saterdag in Tokio, Japan, begin. Onder hulle is die naelloper Akani Simbine, die wêreldrekordhouer in die 400-meter, Wayde van Niekerk, die binnenshuise wêreldkampioen in die 800-meter, Prudence Sekgodiso, en die Olimpiese silwermedaljewenner in spiesgooi, Jo-Ané du Plessis. Atletiek Suid-Afrika se president, James Moloi, sê die span weerspieël die atlete, afrigters en ondersteuningspan se toewyding, veerkragtigheid en harde werk. Hy het hulle aangemoedig om gefokus en gedissiplineerd te bly wanneer hulle met die beste ter wêreld meeding.
Atletiek: 49 Suid-Afrikaners gaan deelneem aan die wêreldkampioenskap in Tokio