# Apple se uittredende uitvoerende hoof, Tim Cook, sê prysstygings in die produklyn is nou onvermydelik weens stygende geheue- en bergingskaart-koste. Die oplewing in kunsmatige intelligensie en ontwrigtings in die wêreldwye heliumvoorraad weens konflik in die Midde-Ooste, het prysstygings in geheuekaarte veroorsaak. Helium is ‘n noodsaaklike gas in die vervaardiging van halfgeleiers. Cook het aan Wall Street Journal gesê daar is tans minder voorraad terwyl die vraag na die toestelle hoog is. Hy sê die onderneming het probeer om kliënte te beskerm, maar die situasie het onvolhoubaar geword.
Apple verhoog pryse te midde van tekort aan geheuekaarte