# Angola het die onttrekking van sy rol as bemiddelaar in die konflik in die oostelike Demokratiese Republiek die Kongo aangekondig om op sy Afrika-unie-presidentskap te fokus. Die AU het in 2022 die Angolese president Joao Lourenco as bemiddelaar aangewys in ‘n poging om die uitgerekte konflik waarby die Rwanda-gesteunde gewapende groep, M23 betrokke was, te besleg. Angola het onttrek om omvattend te kan fokus op die AU se prioriteite. Dié Suider-Afrikaanse land het twee maande gelede die roterende presidentskap van die AU oorgeneem.
Angola onttrek as DRK se bemiddelaar om te fokus op AU-presidentskap