Skip to content

ANC wil Tshwane se stadsbestuurder verwyder

# Die ANC wil Tshwane se stadsbestuurder, Johann Mettler, verwyder. Dit volg na verlede maand se brief van die Gautengse LUR vir Samewerkende Regering, Jacob Mamabolo, wat verwys na die onderhoudpaneel vir Mettler se aanstelling en sy kwalifikasies ingevolge die Wet op Munisipale Finansiële Bestuur. Die leier van die DA-koukus in Tshwane, Cilliers Brink, sê die aanstellingspaneel was in ooreenstemming met regulasies vir senior bestuurders. ActionSA sê hy gaan nie die verwydering van enige senior bestuurder steun as daar nie ʼn duidelike, wettige en bestuursgegronde rede daarvoor is nie.