Skip to content

ANC wen Wyk 3 in Siyancuma na herstemming

# Die ANC het Wyk 3 in die Siyancuma-plaaslike munisipaliteit in Douglas in die Noord-Kaap gewen na ‘n herstemming. Die voorlopige uitslag dui aan die party het 49-persent van die steun gekry, gevolg deur die Siyancuma Onafhanklike Forum en die DA. Partye het 48 uur om enige besware in te dien voor die Verkiesingskommissie die uitslag finaliseer. Die herstemming was nodig nadat lede van die forum na bewering stembriewe opgeskeur het tydens stem-tellery na die munisipale verkiesing op 4 November. Elf mense is in hegtenis geneem.