# Die ANC-vroueliga sê hulle is geskok oor die opmerking deur die ANC-jeugliga in die Groter Tshwane-streek. Die vroueliga sê hulle veroordeel die jeugliga se onbeskofte en onbesonne gebruik van menopouse as ʼn metafoor vir argaïse politieke en reaksionêre agteruitgang. Die vroueliga se sekretaris-generaal, Nokuthula Nqaba, sê sulke taalgebruik is nie net wetenskaplik en sosiaal gebrekkig nie, maar toon ook geen respek vir vroue nie.
ANC-vroueliga veroordeel ongepoetste opmerking van Jeugliga in Tshwane [KLANK]
ENG MorakaneonUncouth