Skip to content

ANC vra provinsiale begrafnis vir Mandela se gewese lyfwag, André Lincoln

# Die ANC in die Wes-Kaap het die provinsiale regering versoek om ‘n amptelike provinsiale begrafnis aan oudpresident Nelson Mandela se gewese lyfwag, André Lincoln, toe te staan. Lincoln, ‘n gewese uMkhonto weSizwe-intelligensiebeampte, is gisteroggend tuis oorlede. Die oorsaak van sy dood is nie bekend nie. Hy was aan die hoof van die teenbende-eenheid in die Wes-Kaap. ‘n ANC-woordvoerder, Khalid Sayed, sê Lincoln se stryd teen apartheid, leierskap teen korrupsie en morele integriteit verdien hoë eer. Die ANC-wetgewerkoukus sal premier Alan Winde formeel vra om die aansoek goed te keur.