# Die ANC het die voorsorgskorsing van die Nasionale Kommissaris van Polisie, Fannie Masemola, verwelkom. Hy het vandeesweek in die Landdroshof in Pretoria verskyn vir die oortreding van die Wet op Openbare Finansiele Bestuur in verband met die SAPD-gesondheidstender van 360-miljoen-rand wat aan die beweerde lid van ‘n kartel, Vusimuzi “Cat” Matlala, toegeken is. Die woordvoerder van die ANC, Mahlengi Bhengu, het ook die aanstelling van Puleng Dimpane as waarnemende Nasionale Kommissaris van Polisie verwelkom en het die noodsaaklikheid van stabiliteit beklemtoon:
ANC verwelkom Masemola se skorsing en beklemtoon noodsaak van stabiliteit in SAPD [KLANK]
ENG BhenguOnStability