# Die ANC sê hy verwelkom Afrikaans-sprekende Suid-Afrikaners se standpunt. Byna 50 Afrikaner-akademici, -kerkleiers en ander -beroepspersone het saam ʼn brief geskryf en geteken met die titel: Not in our Name: Afrikaners Respond to the Misuse of Their Story in US Politics. In die brief verwerp hulle die Amerikaanse siening wat Afrikaners as slagoffers van rassevervolging in post-apartheid Suid-Afrika uitbeeld. Die ANC-woordvoerder Mahlengi Bhengu sê hulle waardeer die groep se verwerping van pogings om die land se geskiedenis te verdraai en tot voordeel van sogenaamde verregse agendas in die buiteland te gebruik.
ANC verwelkom Afrikaners wat gebruik van hul identiteit in Amerika veroordeel