Skip to content

ANC veroordeel Zuma omdat hy beginsels van nie-gebondenheid, vrede en anti-koloniale solidariteit, verraai

# Die ANC het die ongeoorloofde gebruik van die Suid-Afrikaanse vlag met buitelandse politieke ontmoetings gedurende bilaterale vergaderings tussen die MK-party se president, Jacob Zuma, en regeringsamptenare van Marokko veroordeel. Die ANC sê hierdie roekelose en uitlokkende gedrag is ‘n blatante skending van internasionale diplomatieke norme en ’n onaanvaarbare inmenging in Suid-Afrika se interne politieke aangeleenthede. Woordvoerder, Mahlengi Bhengu, sê hulle veroordeel die opportunistiese betrokkenheid van Zuma vir sy verraad van die beginsels van nie-gebondenheid, vrede en anti-koloniale solidariteit, wat hy eens voorgegee het om te handhaaf.