# Die ANC het bevestig dat hy gisteraand met die Afrikaner-leierskapnetwerk vergader het om sake te bespreek wat van gemeenskaplike belang vir die land is. Die netwerk sluit in die organisasies Solidariteit, AfriForum, die Afrikanerbond, die Solidariteitsbeweging en die Suider-Afrikaanse Landbou-inisiatief, Saai. Die vergadering is deur die PAC bemiddel. Die ANC sê die besprekings was reguit en openhartig. Hy sê al die deelnemers het kwessies uitgelig waartoe hulle verbind is om oplossings te vind in belang van ‘n uiteenlopende en verenigde nasie.
ANC vergader met Afrikaner-leierskapnetwerk