Skip to content

ANC verdedig minister van Hoër Onderwys te midde van omstredenheid oor SETA-paneel [KLANK]

# Die ANC sê die minister van Hoër Onderwys en Opleiding, Nobuhle Nkabane, het te goedertrou opgetree deur ‘n vrywillige raadplegingspaneel aan te stel om te help met die aanstellings van die raadsvoorsitters vir die Sektor Onderwys- en Opleidingsowerheid. Luidens ‘n verklaring was daar geen bedoeling om die Parlement te mislei nie en die fout met advokaat Terry Motau se rol is erken en reggestel. Die ANC se sekretaris-generaal, Fikile Mbalula, het op ‘n nuuskonferensie gesê die party ondersteun Nkabane se besluit om oor te begin met die aanstellingsproses teneinde deursigtigheid te verseker:

ENG MbalulaOnNkabane