# Die ANC het sy aansoek om verlof tot appèl teen ʼn interdik wat sy 10de verkiesingskonferensie in die Oos-Kaap gekeer het, teruggetrek. Drie lede van Buffalo City het die hof genader om die konferensie op die nippertjie te keer, en aangevoer dit oortree die ANC-grondwet en Artikel 19 van die land se Grondwet. Die ANC sê die onttrekking volg na ontvangs van die regter se amptelike redes vir die tussentydse bevel, en op aanbeveling van sy regspan.
ANC trek sy verlof tot appèl oor Oos-Kaapse verkiesingskonferensie terug