# Die ANC het ‘n koalisie-ooreenkoms met ActionSA voorgestel om in Johannesburg, Tshwane en Ekurhuleni te regeer. Die voorstel volg op samesprekings tussen die twee partye na al drie metro’s sonder ‘n volsterkte meerderheid ná die plaaslikeregeringsverkiesing is. ActionSA se leier, Herman Mashaba, het bevestig vordering word gemaak met ‘n ooreenkoms, maar die besonderhede van die voorgestelde magsdeling is nog nie bekend gemaak nie. Die ANC se Gautengse leierskap steun samewerking met ActionSA in die drie stede, hoewel die finale besluit steeds by die party se nasionale leierskap berus.
ANC stel koalisie-ooreenkoms met ActionSA in Gauteng se drie metro’s voor