# Die ANC in die Wes-Kaap het die gewese burgemeester van Knysna, Aubrey Tsengwa, tydelik geskors ná bewerings van wangedrag. Die skorsing volg nadat hy verlede maand as raadslid bedank het nadat hy in Februarie as burgemeester verwyder is. Die ANC sê Tsengwa se eensydige besluit om sy raadsetel in die Knysna-munisipaliteit op te gee, ondermyn die party se gesag en dissipline. Die party se provinsiale sekretaris, Neville Delport, sê die ANC bevind hom in ʼn posisie waar hy op ʼn baie ongeleë tyd aan ʼn tussenverkiesing moet deelneem.
ANC skors gewese Knysna-burgemeester Aubrey Tsengwa oor beweerde wangedrag