Skip to content

ANC skors drie Oos-Kaapse lede wat interdik kry teen party se provinsiale konferensie

# Die ANC se provinsiale taakspan in die Oos-Kaap het drie lede geskors wat in Maart suksesvol was om met ʼn regsproses te keer dat die party se provinsiale konferensie plaasvind. Die provinsiale taakspan beskuldig Lwazi Rotya, Sinethemba Mpande en Nompumelelo Mzothwa van wangedrag en dat hulle die party in oneer gebring het. Die ANC het herhaaldelik beklemtoon dat alhoewel lede die reg het om te verskil en hul kommer te lug, kan hulle nie die party hof toe sleep en sy bedrywighede belemmer nie.