Skip to content

ANC sê minister Malatsi moet in Parlement rekenskap gee oor konsep-KI-beleid

# Die ANC sê die minister van Kommunikasie en Digitale Tegnologieë, Solly Malatsi, moet in die Parlement rekenskap gee oor die nasionale konsepbeleid oor kunsmatige intelligensie. Malatasi het die beleid onttrek nadat ontdek is ses bronne wat aangehaal word, bestaan nie. Interne ondersoeke het daarna bevestig dat aanhalings wat met kunsmatige intelligensie geskep is in die dokument voorkom. Woordvoerder Hlengiwe Hadebe sê die ANC beskou die voorval as een van die kommerwekkendste mislukkings in ministeriële oorsig en intellektuele nougesetheid in die onlangse geskiedenis van Suid-Afrika se digitale bestuur.