# Die ANC hou die naweek in Ekurhuleni sy Spesiale Nasionale Uitvoerende Komitee-vergadering. Die party se hoogste besluitnemingsliggaam sal onder meer die stand van plaaslike regering en die dubbele lidmaatskap van lede van die ANC en SAKP bespreek. Dit volg na die SAKP se besluit om onafhanklik aan volgende jaar se munisipale verkiesing deel te neem. Die ANC sê die tweedaagse vergadering sal Maandag eindig met ʼn vergadering waar raadslede moet verslag doen van hul werk sedert die 2021 munisipale verkiesing.
ANC NUK vergader om stand van plaaslike regering en SAKP te bespreek