# Die ANC het hom tot die Konstitusionele Hof gewend in sy stryd oor 181 verkiesingskandidate wat uitgesluit is. Dit volg nadat die Kieshof verlede week die party se aansoek geweier het om die kandidate toe te laat vir die plaaslike regeringsverkiesing op 4 November. Die party voer aan hulle besonderhede is voor die sperdatum van 28 Augustus op die Verkiesingskommissie se aanlyn stelsel vasgelê, maar administrateurs kon nie die finale indiening voltooi nie. Die saak word na verwagting op 7 Oktober aanhoor.
ANC na Konstitusionele Hof oor 181 verkiesingskandidate wat uitgesluit is