Skip to content

ANC moedig Suid-Afrikaners aan om ter ere van Mandela se nalatenskap as kiesers te registreer

# Die ANC moedig alle Suid-Afrikaners aan om ter ere van oudpresident Nelson Mandela se nalatenskap, te registreer as kiesers vir die plaaslike verkiesing in November. Die Verkiesingskommissie het tydens die registrasienaweek 2,9-miljoen registrasies aangeteken. Dit is ‘n verbetering ná die 1,7-miljoen tydens die registrasienaweek vir die vergelykbare verkiesing in 2021. Die ANC se waarnemende woordvoerder, Nonceba Mhlauli, sê die Kommissie het 1 en 2 Augustus aangekondig as die finale registrasienaweek vir die komende verkiesing.