Skip to content

ANC-Jeugliga veroordeel aanvalle op swart ekonomiese bemagtiging

# Die ANC-Jeugliga veroordeel vermeende toenemende pogings om swart mense se ekonomiese vooruitgang te stuit. Hy sê onlangse hofuitsprake en pogings om swart ekonomiese bemagtiging in staatskontrakte af te skaal, bemoeilik pogings om die ekonomiese ongelykhede van die verlede reg te stel. Die liga verwys na die tersydestelling van die Regsdienskode deur die Hooggeregshof in Pretoria en die Konstitusionele Hof se beslissing oor die Wet op Openbare Verkryging. Hy sê dié verwikkelings bevoordeel steeds ‘n ekonomiese stelsel wat die swart meerderheid benadeel en welvaart word steeds deur wit mense beheer.