Skip to content

ANC Jeugliga-president vra meer geld vir munisipaliteite [KLANK]

# Die president van die ANC-jeugliga, Collen Malatji, doen ‘n beroep op die regering en die Nasionale Tesourie om meer fondse aan munisipaliteite toe te ken. Malatji het gister die ANC-jeugliga toegespreek tydens die Oos-Kaapse 16 Junie-herdenking in Mount Ayliff, in die Alfred Nzo-streek. Hy sê baie provinsiale departemente in die land het nie die fondse wat in die 2024/2025-boekjaar aan hulle toegeken is, te bestee nie en het miljarde rand aan die Nasionale Tesourie terugbesorg:

ENG CollenonMunicipalities