# Die ANC-jeugliga het die minister van Gesondheid, Aaron Motsoaledi, se aankondiging van een-duisend-650 nuwe gesondheidsorgposte verwelkom. Dit sluit een-duisend-200 dokters, 200 verpleegsters en 250 ander gesondheidsorgwerkers in. Die Liga sê dit is ‘n oorwinning vir openbare gesondheid en die bemagtiging van die jeug, want dit skep noodsaaklike geleenthede vir jong mediese werkers. Die liga eis voortgesette pogings om die jeug voorop te stel en moedig meer jong Suid-Afrikaners aan om loopbane in die gesondheidsektor te volg.
ANC-jeugliga ondersteun nuwe gesondheidsposte