# Die ANC in Gauteng verwelkom die mislukking van wat hy polities gemotiveerde mosies van wantroue in die Ekurhuleni-raad noem. ‘n Mosie teen die burgemeester, Sivuyile Ngodwana, wat die Independent Citizens Movement ter tafel gelê het, is verwerp met 140 stemme teen 69. Die ANC-lid, Mzi Khumalo, sê die uitslag toon ‘n gesamentlike toewyding aan bestendigheid en dienslewering. Khumalo het die koalisieregering aangemoedig om op goeie bestuur en die verbetering van inwoners se lewens te fokus.
ANC in Gauteng verwelkom mislukking van mosie van wantroue in Ekurhuleni