# Die ANC-studiegroep oor Gesondheid verwelkom die Suid-Afrikaanse Reguleringsowerheid vir Gesondheidsprodukte se goedkeuring van die registrasie van lenakapavir. Dit is ‘n nuwe deurbraak-MIV-voorkomingsmiddel wat slegs twee keer per jaar geneem hoef te word. Suid-Afrika is die eerste land in Afrika wat lenakapavir goedkeur. Die ANC sê die mylpaal is ‘n beduidende stap vorentoe in die uitbreiding van MIV-voorkomingsopsies en toon Suid-Afrika se leierskap in die wêreldwye optrede teen MIV. Hy voeg by dat dit ook die land se gereedheid herbevestig om billike toegang tot nuwe langwerkende MIV-voorkomingstegnologieë te bevorder.
ANC gesondheidsstudiegroep verwelkom die goedkeuring van die nuwe inspuitbare MIV-voorkomingsmiddel