# Die ANC in Gauteng veroordeel die doelbewuste verwydering, vandalisme en sabotasie van sy verkiesingsveldtogmateriaal in gemeenskappe regoor die provinsie. Die party sê plakkate vir sy veldtog en raadslidkandidate word van straatpale en amptelik goedgekeurde advertensieruimtes verwyder. Sochayile Khanyile van die ANC sê hierdie voorvalle ontwrig ‘n regverdige en demokratiese verkiesingsproses deur intimidasie, vandalisme of politieke onverdraagsaamheid. Hy vra alle politieke partye, kandidate en hul ondersteuners om die OVK-gedragskode te respekteer en na te kom:
ANC Gauteng veroordeel vandalisme en verwydering van verkiesingsveldtogmateriaal [KLANK]
ENG KhanyileONElection