# Die ANC se sekretaris-generaal, Fikile Mbalula, sê die party is verenig en gefokus op die herstel van plaaslike regering voor die komende plaaslike verkiesing. Hy het ná die Nasionale Uitvoerende Komitee se vergadering gesê die party het planne aanvaar om sukkelende munisipaliteite te verbeter, infrastruktuurlewering te versnel en watertekorte aan te pak. Mbalula sê die ANC verskerp ook pogings om sy ekonomiese plan in te stel, insluitend werkskepping en ekonomiese groei:
ANC fokus op herstel van plaaslike regering en lewenskoste [KLANK]
ENG-MbalulaOnServices