Skip to content

ANC erken swak munisipale leierskap te midde van bestuurskrisis

# Die ANC sê die gehalte van sommige van sy kaderontplooiings, veral in munisipaliteite, laat veel te wense oor. Slegs 41 uit 257 rade het ‘n skoon oudit ontvang in die 2023/24-boekjaar. Volgens die Ouditeur-Generaal het 99 munisipaliteite ‘n ongekwalifiseerde ouditmening ontvang met bevindinge oor prestasie-inligting en nakoming. Die minister van Elektrisiteit en Energie, Kgosientso Ramokgopa, het tydens die ANC se nasionale uitvoerende komiteevergadering in Johannesburg gesê hulle heroorweeg die ontplooiing na sommige van die groot metro’s.