# Die ANC in Ekurhuleni sê hy sal nie deur misdadigheid geïntimideer word of toelaat dat geweld sy demokratiese proses en organisatoriese eenheid ondermyn nie. Dit volg na ‘n skietery by die woning van raadslid Lucky Zikode in Katlehong, waartydens twee partylede beseer is. Die ANC het die voorval as ‘barbaars en lafhartig’ veroordeel. Die party sê geweld, intimidasie en die gebruik van vuurwapens het geen plek in die beweging nie. Hy voeg by alle organisatoriese verskille moet deur die ANC se grondwetlike strukture en demokratiese prosesse opgelos word, en nie deur misdaad nie.
ANC Ekurhuleni sê geweld, intimidasie en gebruik van vuurwapens het geen plek in die beweging nie