# Die ANC sê hoewel hy kennis neem van die toenemende stemme wat opgaan teen swart ekonomiese bemagtiging, is die wette nodig om transformasie te bevorder. ‘n DA-beleidsdokument vra die verwydering van wat hy beskryf as vernietigende ANC-beleid soos swart ekonomiese bemagtiging en grond-onteiening. Die ANC sê ontledings van 2023 en verlede jaar toon die beleid is goed vir swart Suid-Afrikaners, met ongeveer 112-miljard-rand wat in swart ondernemings belê is. Hy voeg by diegene wat voordeel trek uit swart ekonomiese bemagtiging moet dit verdedig.
ANC vra begunstigdes van swart bemagtiging om hulle stemme te laat hoor