Skip to content

ANC, DA beskuldig mekaar oor toename in informele nedersettings in Tshwane

# ANC- en DA-raadslede beskuldig mekaar oor die toename in informele nedersettings in Tshwane. Dit het toegeneem van 220 in 2019 tot meer as 500. Die partye beskuldig mekaar van swak regering. Joel Masilela van die ANC sê die DA-geleide administrasie het nie grondbesettings bekamp tydens sy termyn nie. Die DA se hoofsweep, Ofentse Madzebatela, beskuldig intussen die ANC-EFF-koalisie van medepligtigheid aan onwettige grondbesettings. Masilela het daarop beweer dat die DA nie stedelike ontwikkeling doeltreffend kon bestuur nie.