# Die ANC het die DA daarvan beskuldig dat hy die regbank misbruik om goedkoop politieke punte te behaal. Dit volg na die Hooggeregshof in Pretoria die DA se aansoek verwerp het om verlof tot appèl teen ‘n vorige uitspraak te verkry om die ANC se kaderontplooiingsbeleid as ongrondwetlik te laat verklaar. Die hof het bevind dat die DA nie daarin geslaag het om aspekte van die kaderontplooiingsbeleid te identifiseer wat ongrondwetlik was nie. Die ANC sê die DA moet eerder fokus op bydraes tot substantiewe beleidsdebatte en praktiese oplossings vir die land.
ANC beskuldig die DA van misbruik van die regstelsel na kaderontplooings-uitspraak