# Die ANC in Tshwane verwerp ActionSA se bewerings dat die burgemeesterskomiteelid vir Gemeenskapsontwikkeling, Palesa Modise, verbind is aan hulle party. Die party sê hierdie bewerings is vals en deel van ‘n poging om sy leierskap te ondermyn. Die ANC eis dat ActionSA onmiddellik die bewerings terugtrek en om verskoning vra. Die ANC se woordvoerder, Bafuze Yabo, sê Modise is ‘n toegewyde ANC-leier, bekend daarvoor om kwesbare groepe te bemagtig en Yabo versoek mense sowel as die media om nie onbevestigbare inligting te versprei nie.
ANC beskuldig ActionSA in Tshwane vir gebruik van Modise se naam vir politieke gewin