Skip to content

Ampsklagkomitee herroep benoeming van Madonsela as getuienisleier

# Die Parlement se ampsklagkomitee het sy benoeming van advokaat Thandazani Madonsela as getuienisleier herroep. Die komitee is gereed om president Cyril Ramaphosa te ondersoek oor die Phala Phala-saga. Die ANC en die Patriotiese Alliansie se verteenwoordigers het aangevoer daar bestaan ‘n persepsie dat Madonsela bevooroordeeld was, soos Ramaphosa vroeër gesê het, terwyl ander partye die voorstel teengestaan ​​het. Die mosie is met 18 stemme teen nege aanvaar. Die sekretaris van die Parlement stel die getuinenisleier aan na die komitee se benoeming.