Skip to content

Ampsklagkomitee gaan opdrag en aanstelling van getuienisleiers takel

# Die parlementêre Ampsklagkomitee vergader vandag om sy konsep-opdrag en die proses om getuienisleiers aan te stel, te bespreek. Die komitee gaan voort met sy werk ten spyte van president Cyril Ramaphosa se dringende interdik-aansoek dat die werk gestaak word hangende ʼn hersiening van die onafhanklike paneel se Phala Phala-verslag. Die komiteevoorsitter, Makashule Gana, het ʼn teenaansoek ingedien. Hy sê aangesien die Konstitusionele Hof reeds die verslag na die komitee verwys het, is ʼn regsuitdaging teen die verslag irrelevant.