# Amnestie Internasionaal Suid-Afrika sê voortslepende mislukkings in basiese polisiëring en ondersoeke ontneem baie verkragtingslagoffers toegang tot geregtigheid in die land. Veertig-duisend-475 verkragting-gevalle is in die 2024/2025-boekjaar aangemeld. Shenilla Mohamed van Amnestie Internasionaal sê ʼn nasionale studie van drie-duisend-952 verkragtingsake het bevind die polisie het 35-persent daarvan gesluit, aanklaers het 31-persent verwerp, 16-persent is van die rol geskrap en slegs 19-persent het in die hof beland. Sy sê in gevalle wat verhoor is, het slegs 8,6-persent tot ʼn skuldigbevinding gelei.
Amnestie Internasionaal Suid-Afrika sê strafregstelsel laat verkragtingslagoffers in die steek