# Amnestie Internasionaal sê Indië voorsien steeds wapens aan Israel ondanks die beduidende gevaar dat dit gebruik kan word in die voortslepende volksmoord op Palestyne in Gaza. Ondersoekers het twee-duisend-596 verskepings van wapens, ammunisie, onderdele en toerusting ontleed wat sedert 7 Oktober 2023 van Indië na Israel gestuur is. Indiese ondernemings het minstens 390-duisend-516 kleinwapenonderdele verskaf vir militêre gebruik en 564-duisend-970 onderdele vir plofbare wapens, insluitend hommeltuigkoppe. Agnès Callamard van Amnestie Internasionaal sê Indië het versuim om wapenuitvoere na Israel in ooreenstemming met internasionale reg te beheer.
Amnestie Internasionaal sê Indië se wapenuitvoere na Israel veroorsaak gevaar van medepligtigheid aan volksmoord in Gaza