# Amerika het vir die tweede agtereenvolgende dag met nuwe aanvalle op Iran begin nadat president Donald Trump gewaarsku het aanvalle gaan hervat word weens stadige vordering met onderhandelinge om die oorlog te beëindig. Die Amerikaanse opperbevel sê Iranse militêre waarnemingstelsels en kommunikasiestelsels, asook lugafweerterreine was die teikens. In antwoord hierop sê Iran se Islamitiese Revolusionêre Wagkorps sy lugmag en vlooteenhede het Amerikaanse teikens in Bahrein en Koeweit aangeval en skepe in die Straat van Hormoes getref.
Amerikaanse weermag val Iran vir tweede agtereenvolgende dag aan