Skip to content

Amerikaanse Weermag val Iran 13de agtereenvolgende dag aan, Teheran gaan voort met vergeldingsaanvalle

# Die Amerikaanse Weermag het sy aanvalle op Iran vir ‘n 13de agtereenvolgende nag voortgesit, en vier mense is volgens berigte dood. Amerika se Sentrale Bevel sê Iranse militêre bevelsentrums, bergingsgeriewe vir hommeltuie, kommunikasie-netwerke, kuswaarnemingsposte en maritieme vermoëns is geteiken. Volgens die Weermag sal dit Iran se bedreiging vir burgerlike seevaarders en handelskepe in die Seestraat van Hormoes verder beperk. Iran het intussen aanvalshommeltuie afgevuur op Amerikaanse teikens op die Lugmagbasisse Sheikh Isa in Bahrein en Al-Azraq in Jordanië.