Skip to content

Amerikaanse vloot onderskep en lê beslag op Iranse skip wat verby blokkade probeer vaar

# President Donald Trump sê die Amerikaanse vloot het op ʼn vragskip met ʼn Iranse vlag gevuur en daarop beslag gelê toe dit verby sy blokkade in die Golf van Oman probeer vaar het. Trump het Vrydag gesê die blokkade van Iranse hawens sal voortduur tot die twee lande ʼn ooreenkoms bereik. In ʼn inskrywing op Truth Social sê Trump die vragskip TOUSKA is gewaarsku om te stop, maar dis geïgnoreer. Iran se ministerie van Buitelandse Sake sê Amerika se blokkade oortree die skietstilstandooreenkoms en is onwettig en misdadig.