Skip to content

Amerikaanse visepresident Vance in Israel vir gesprekke oor brose wapenstilstandooreenkoms in Gaza

# Die Amerikaanse visepresident, JD Vance, is in Israel om die brose wapenstilstandooreenkoms in Gaza te versterk nadat president Donald Trump Hamas gewaarsku het hulle sal uitgewis word as hulle die wapenstilstand verbreek. Trump se spesiale gesant, Steve Witkoff, en skoonseun Jared Kushner is reeds in Tel Aviv, waar hulle gyselaars ontmoet het wat Hamas ná twee jaar vrygelaat het. Vance sal Witkoff, Kushner en Amerikaanse militêre kundiges ontmoet wat die wapenstilstand monitor. Volgens mediaberigte sal hy môre met Israelse leiers vergader, insluitend eerste minister Benjamin Netanyahu.