# ʼn Marathon-stemproses is in die Amerikaanse senaat aan die gang oor president Donald Trump se omvattende plaaslike beleidswetsontwerp. Na ʼn naweek van onderhandelinge en vertragings, het die stemmery tot in die vroeë oggendure voortgegaan. Die oop, ure lange reeks stemprosesse oor wysigings gaan steeds voort. Die uitgebreide stemsessie gee Republikeine geleentheid om op die nippertjie aanpassings te maak. Trump se wetsontwerp wat duisende miljard rand beloop, sal federale belastings verlaag en meer geld beskikbaarstel vir die Pentagon en grensveiligheid-agentskappe, terwyl die regering se vangnetprogramme soos Medicaid verklein word.
Amerikaanse senaat stem oor Trump se ‘groot lieflike wetsontwerp’