Skip to content

Amerikaanse media berig die eerste wit Suid-Afrikaners word binne ‘n paar dae verwag

# Amerikaanse media berig president Donald Trump se administrasie beplan om volgende week die eerste groep wit Suid-Afrikaners in die Verenigde State te hervestig. Die Amerikaanse ondersoekende nuusagentskap, The Lever, het eerste berig oor die vestigingsplan en ‘n dokument van 30 April aangehaal waarin gesê word Suid-Afrikaners is geskeduleer om “binne ‘n paar dae” daar te wees. Volgens The Lever is daar planne om vanjaar tot een-duisend Afrikaners te hervestig. Die agentskap het ook ‘n regeringsbron aangehaal. National Public Radio en die New York Times het gesê die groep sal Maandag aankom, afhangende van logistieke reëlings.