# Nagenoeg 60 mense is in San Francisco gearresteer nadat betogers in die stad vergader het om teen president Donald Trump se immigrasieklopjagte te betoog. Volgens die polisie in die stad in die noorde van Kalifornië is die betogers in hegtenis geneem omdat dit ‘n onwettige byeenkoms was. Die versetoptrede in San Francisco volg ná betogings oor immigrasieklopjagte in die middestad van Los Angeles. Volgens die owerhede is onwettige migrante en bendelede gearresteer.
Amerikaanse immigrasieversetoptrede versprei na San Francisco