# Die Amerikaanse Huis van Verteenwoordigers het ʼn wysing aan ʼn Staatsdepartement-bestedingswetsontwerp met ʼn oorweldigende meerderheid verwerp. Die wetsontwerp sou Amerikaanse militêre hulp aan Israel keer. Meer as 100 Demokrate het die maatreël ondersteun teenoor 37 wat twee jaar gelede vir ʼn soortgelyke voorstel gestem het. Die wysiging wat deur die Republikein, Thomas Massie, voorgestel is, sou jaarlikse Amerikaanse hulp aan Israel met sowat 54-miljard-rand besnoei. Die meeste geld sou na Israel se weermag gaan. Teenstanders sê die maatreël sou Israel se vermoë belemmer om terroriste-organisasies soos Hamas en Hisbolla te beveg.
Amerikaanse Huis van Verteenwoordigers verwerp wysiging om miljarde dollar se hulp aan Israel te staak