Skip to content

Amerikaanse Huis van Verteenwoordigers keur wetgewing goed vir meer as R16-miljard se hulp aan Oekraïne  

# Die Amerikaanse Huis van Verteenwoordigers het die Wet op Ondersteuning aan Oekraïne goedgekeur. Dis belangrike wetgewing wat hulp aan Oekraïne verskaf terwyl sanksies teen Rusland ingestel word. Die wetgewing is met 226 teen 195 stemme aanvaar en kan sowat 16,2-miljard-rand vir sekuriteit en heropbou aan Oekraïne verskaf. Dit keur ook sowat 129-miljard-rand se lenings goed vir Kiëf se verdedigingsbedrywighede. Die wetgewing maak boonop voorsiening vir nuwe olie- en gas-sanksies teen Rusland. Die Republikein-geleide Senaat sal waarskynlik die wetsontwerp afkeur.