# ʼn Amerikaanse federale regter het president Donald Trump se administrasie verbied om verkiesingswerkers te dreig of te dwing in aanloop tot die middeltermynverkiesing. Die Departemente van Justisie en Binnelandse Veiligheid is ook verbied om verkiesingswerkers te dwing om sekere mense van die kiesersrol te verwyder, versoeke vir stembriewe te weier, of stembriewe eenkant te hou vir individue wat vermoedelik nie stemgeregtig is nie. Die administrasie beweer Kalifornië het stembriewe gestuur aan sowat 20-duisend mense wat nie Amerikaanse burgers is nie. Regter Trina Thompson sê dit meng moontlik in met verkiesingsadministrasie en ontneem wettige kiesers hul stemreg.
Amerikaanse federale regter verbied Trump-administrasie om verkiesingswerkers te dreig