# Amerika se Departement van Buitelandse Sake het ʼn wêreldwye waarskuwing aan Amerikaners uitgereik en sê die Israel-Iran-konflik veroorsaak ontwrigting vir reisigers en die lugruim in die Midde-Ooste word soms gesluit. Hy sê daar bestaan ʼn moontlikheid van betogings teen Amerikaanse burgers en belange oorsee. Die land se Departement van Binnelandse Sake waarsku teen toenemende gevaar in Amerika weens die voortslepende konflik. Hy sê pro-Iranse kuberkrakers kan laevlak-kuberaanvalle op Amerikaanse netwerke uitvoer en voeg by die konflik kan ook gewelddadige ekstremiste aanhits.
Amerikaanse Departement van Buitelandse Sake reik wêreldwye waarskuwing uit aan Amerikaners