Skip to content

Amerikaanse agentskappe glo verbied om aan G20-beraad in Suid-Afrika deel te neem

# Die Amerikaanse president, Donald Trump, het Amerikaanse agentskappe glo verbied om aan die G20-beraad in Suid-Afrika deel te neem. Volgens Washington Post het die Withuis se Nasionale Veiligheidsraad die opskorting gelas, met verwysing na beweerde volksmoord en grondonteieningswette. Trump en sy minister van Buitelandse Sake, Marco Rubio, het gedreig om die beraad te boikot en sodoende druk geplaas op president Cyril Ramaphosa voor volgende week se besoek aan Washington. Die Withuis en die Departement van Buitelandse Sake het nog nie die beweerde verbod amptelik bevestig nie.