Skip to content

Amerika hef invoertarief van 25% op sekere Brasiliaanse produkte weens onregverdige handelspraktyke

# President Donald Trump het die Amerikaanse Handelsverteenwoordiger, Jamieson Greer, gelas om ‘n heffing van 25-persent op die meeste invoere uit Brasilië in te stel weens beweerde onregverdige handelspraktyke. Dit tree Woensdag in werking. Verskeie produkte soos beesvleis, koffie, farmaseutiese produkte en sekere grondstowwe word vrygestel. Greer sê ‘n ondersoek toon Brasilië se beleid benadeel Amerikaanse belange deur gebruike wat verband hou met digitale handel, onregverdige voorkeurtariewe en toegang tot die etanolmark. Hy sê Amerika is steeds bereid om met Brasilië te onderhandel om die kwessies op te los.